Translating:Intro/af

From translatewiki.net
Jump to: navigation, search
This page is a translated version of a page Translating:Intro and the translation is 76% complete.
Outdated translations are marked like this.

Other languages: Afrikaans 76% • Amharic 56% • Arabic 93% • Asturian 100% • Bavarian 100% • Belarusian (Taraškievica orthography) 100% • Bulgarian 82% • Bengali 22% • Tibetan 33% • Breton 100% • Bosnian 100% • Catalan 100% • Czech 100% • Danish 100% • German 100% • Lower Sorbian 100% • Central Dusun 33% • Greek 22% • English 100% • Esperanto 100% • Spanish 100% • Estonian 11% • Basque 33% • Finnish 100% • French 100% • Friulian 22% • Galician 100% • Swiss German 100% • Hebrew 22% • Croatian 22% • Upper Sorbian 100% • Hungarian 100% • Armenian 11% • Interlingua 100% • Indonesian 100% • Igbo 22% • Ingush 11% • Italian 100% • Japanese 100% • Georgian 49% • Kirmanjki 11% • Khmer 100% • Colognian 100% • Luxembourgish 100% • Lezghian 11% • Lithuanian 76% • Latgalian 33% • Macedonian 100% • Malay 100% • Norwegian Bokmål 100% • Dutch 100% • Occitan 87% • Deitsch 11% • Polish 100% • Piedmontese 100% • Pashto 22% • Portuguese 100% • Brazilian Portuguese 100% • Romanian 33% • Tarandíne 33% • Russian 100% • Rusyn 44% • Sakha 76% • Sinhala 11% • Slovak 76% • Slovenian 100% • Serbian (Cyrillic script) 100% • Serbian (Latin script) 100% • Sundanese 76% • Swedish 100% • Tamil 11% • Telugu 33% • Thai 100% • Tagalog 100% • Turkish 100% • Uyghur (Arabic script) 22% • Ukrainian 89% • Veps 33% • Vietnamese 100% • Yiddish 11% • Simplified Chinese 100% • Traditional Chinese 44%
translatewiki.net
Introduction
Getting started
How to start
Translatable
Regional settings
Process overview
Other
Versions statistics
Group statistics
See also
Localisation guidelines
Translating offline
FAQ
Support

[edit] Inleiding

Vertaling en lokalisering is oor die algemeen belangrik, want dit stel mense wat nie Engels magtig is nie in staat om rekenaarsagteware te kan gebruik. MediaWiki word byvoorbeeld gebruik om Wikipedia in verskeie tale beskikbaar te stel, en deur dit te vertaal, help u om mense toegang tot vrye kennis in hul eie taal te bied. Meer inligting oor die terminologie is in die Gettext- (Engelstalig) en Wikipedia-dokumentasie (Engelstalig) beskikbaar.

Hier by translatewiki.net bou en verbeter ons voortdurend die infrastruktuur vir maklike lokalisering van oopbron projekte en vrye dokumentasie. Ons strewe na die verwesenliking van ons twee doelwitte.

Ons eerste doel is doeltreffendheid. Om die effektiwiteit van die proses te verhoog, integreer ons met die sagteware se ontwikkelingsproses sodat ons vinnig op veranderinge kan reageer. Daarbenewens het ons gereedskap ontwikkel om die integrasie van vertalings te outomatiseer. Dit verlig die individuele vertalers se las sodat hulle op hoë kwaliteit vertalings kan konsentreer.

Ons tweede doelwit is samewerking. Die hele stelsel is gebou op 'n wiki. MediaWiki is 'n gewilde wiki-enjin wat 'n raamwerk vir die bou van samewerkende gemeenskappe bied. Ons moedig vertalers aan om mekaar oor projek- en taalgrense op alle denkbare maniere te help, en as koppelvlak tussen die ontwikkelaars en vertalers te dien.

U hoef glad nie te weet hoe om te programmeer nie. As u vertroud is met wiki-sagteware, sal u vinnig leer hoe om translatewiki.net te gebruik. Die enigste voorvereiste is goeie beheersing van u taal, 'n webblaaier en 'n oop gemoed.

Die vlagskip-projek van translatewiki.net - MediaWiki - word tans in meer as 250 tale gebruik. Op translatewiki.net ontvang ons elke maand bywerkings vir meer as 100 tale.

Personal tools
Namespaces

Variants
Actions
Translators
Navigation
Toolbox