MediaWiki:Prefswitch-main/af

From translatewiki.net
'n Skermkiekie van Wikipedia se nuwe navigasiekoppelvlak (vergroot)
'n Skermkiekie van die basiese bladsywysigingskoppevlak (vergroot)
'n Skermkiekie van die nuwe dialoog vir die invoer van skakels.

Die Wikimedia Foundation se Gebruikerervarings Span (User Experience Team) in samewerking met vrywilligers van die gemeenskap, het gewerk daaraan om dinge makliker te maak. Ons is opgewonde om 'n paar van die verbeteringe te deel met u, insluitende 'n nuwe voorkoms en gevoel, sowel as eenvoudige redegeringsfunksies. Die bedoeling van hierdie veranderinge is om dit makliker te maak vir nuwe gebruikers om aan die gang te kom, en is gebaseer op ons bruikbaarheidstoetse, uitgevoer deur die loop van die laaste jaar. Die verbetering van die bruikbaarheid van ons projekte is 'n prioriteit vir Wikimedia Foundation en ons sal in die toekoms meer opgraderings met u deel. Vir meer besonderhede, besoek gerus die verwante Wikimedia webjoernaalinskrywing.

Hier is wat ons verander het

  • Navigasie: Ons het die navigase vir die lees en redegering van bladsye verbeter. Nou is die oortjies bo-aan elke bladsy beter gedefiniëer óf u nou besig is om die bladsy of sy besprekingsblad te beskou, óf die bladsy deur lees of te wysig.
  • Redigeringsnutsbalk verbeteringe: Ons het die redegeringsnutbalk hergeörganiseer, sodat dit makliker is om te gebruik. Dit is nou meer eenvoudig en intuïtief om bladsye se formaat te wysig.
  • Skakel assistent: 'n Maklik om te gebruik stukkie gereedskap wat jou toelaat om skakels na ander wiki bladsye sowel as skakels na eksterne webwerve by te voeg.
  • Soektog verbeteringe: Ons het soektogvoorstelle verbeter, sodat jy vinniger by die bladsy kan uitkom waarvoor jy soek.
  • Ander nuwe funksies: Ons het 'n assistent bygevoeg wat die maak van tabelle makliker maak en 'n vind-en-vervang funksie om die redigering van bladsye te vereenvoudig.
  • Wikipedia logo: Ons het ons logo opdateer. Lees meer daaroor in die Wikimedia webjoernaal.