Hoe gemaak om kwaliteit te behou/bereik?

Hoe gemaak om kwaliteit te behou/bereik?

Dag wie ook al hier lees

In my onlangse wysigings voor vandag sal mens kan sien dat ek probeer om die brouwerk van 'n ene "jdq" hier en daar reg te maak, maar dis eintlik 'n onbegonne taak. My vinnige kyk dui vir my op 'n niemodertaalspreker wat masjienvertaling gebruik, soos wat al vantevore hier gebeur het, en reuseskade aangerig het wat nie maklik ongedaan gemaak kan word nie. Ek besef dat 'n klomp van die outomatiese vertalings per abuis bruikbaar is, maar sommige van wat nou hier gestoor word, is geheel onverstaanbaar en behoort enigeen af te sit van 'n Afrikaanse weergawe. Hoe gemaak? Naudefj Arnobarnard, Oesjaar. Ek besef dat julle dalk primêr belangstel in Mediawiki, maar het ons 'n proses om ons stemme mee dik te maak, of wat moet ek doen?

Fwolff (talk)18:09, 10 February 2020

Terloops, die selfde gebruikernaam was ook in November 2019 aktief op die Afrikaanse Wikipedia, met bydraes wat ook maar lyk na masjienvertaling. *sug*

Fwolff (talk)18:33, 10 February 2020