Onlangse vertalings
Hallo Joris
Ek sien jy vertaal aan die gebruikerkoppelvlakke van 'n klomp programme. Ek het nie na veel gekyk nie, maar wou hoor of jy sorgvuldig die veranderinge nagaan? Hier is 'n paar veranderinge wat nie vir my pluis lyk nie.
- https://translatewiki.net/w/i.php?title=Wikimedia%3AUls-uls-region-PA%2Faf&type=revision&diff=9188246&oldid=7643686
- https://translatewiki.net/w/i.php?title=Wikimedia:Uls-uls-region-ME/af&diff=9188244&oldid=7640413
- https://translatewiki.net/w/i.php?title=Wikimedia:Uls-uls-region-SP/af&diff=9188237&oldid=4502915
- https://translatewiki.net/w/i.php?title=Wikimedia:Uls-uls-region-WW/af&diff=9188234&oldid=4401730
Het jy dit in die ULS nagegaan in die konteks waar dit gebruik is? Die hoofletterveranderinge en die wegneem van die koppelteken (bv.) lyk nie vir my gewens nie, maar sê as ek iets gemis het. In hierdie vertaling pla die woord waarheen my nogal. Sterkte!
I.v.m. hierdie wysiging, die kernaspek van "Special:EmailUser" het heeltemal verlore gegaan. Wees asb. baie versigtig vir sulke gevalle omdat dit nou gebruikers heeltemal sal verwar. Die sin maak in elk geval nie vir my mooi sin nie. Kan dit dalk heeltemal hersien word? As iets te moeilik is om presies te bewoord, is dit dalk beter om onvertaald te los, myns insiens.
Ek sal dit ondersoek en die korreksies maak wat ek veronderstel is om te doen as daar iets is om te verander. Vir die hoofletters wat my miskien weens my oogprobleem oorgeslaan het. So ek sal later daaraan werk. Maar ek kyk wel na die veranderinge noukeurig voordat ek dit stoor.
Dankie vir die antwoord, Joris. Kyk asb. noukeurig na die laaste skakel wat ek genoem het. Vir my oë is daar definitief probleme. Waarna sou jy sê verwys dit? Waar wys dit op die program? Kyk ook asb. na Osm:Reports.new.categories.diary_comment.spam_label/af -- die herhaling van bevat maak tog duidelik geen sin nie, of hoe? Dieselfde is gedoen in ander dele van Osm. Hersien dit asb. voordat dit dalk vrygestel word. Sterkte!
Kyk asb. ook dringend na Kiwix:Android.ui.save media error/af (en al daardie verwante stringe, natuurlik). Red van wat?