Projek:Privaatheidsbeleid

From translatewiki.net
This page is a translated version of the page Project:Privacy policy and the translation is 100% complete.


Algemene omvang

Hierdie beleid dek persoonlike identifiseerbare inligting wat deur translatewiki.net op sy bedieners ingesamel of gestoor is met betrekking tot die projek en sy gemeenskap. Translatewiki.net versame behou die kleinste hoeveelheid persoonlik identifiseerbare inligting wat nodig is om aan die projekte se operasionele behoeftes te voldoen.

Die openbare en samewerkende aard van die projekte

Translatewiki.net word gesamentlik deur die gebruikers daarvan ontwikkel deur middel van die Mediawiki sagteware. Enigiemand wat wysigingstoestemming verkry het, kan die bewerkbare bladsye van hierdie webwerf wysig terwyl hulle as 'n gerigestreerde gebruiker aangemeld is. Deur dit te doen, skep redakteurs 'n publiseerbare dokument en 'n openbare rekord van elke woord wat bygevoeg, geskrap of verander is. Dit is 'n openbare handeling en redakteurs word in die openbaar geidentifiseer as die outeur van sodanige veranderings. Alle bydraes wat tot hierdie projek gemaak word, sowel as alle openbare beskikbare inligting oor die bydraes, is onherroeplik gelisensieer en kan vrylik gekopieer, aangehaal, hergebruik en aangepas word deur derde partye met min beperkings.

Aktiwiteite op translate.wiki

Oor die algemeen is hierdie beleid slegs van toepassing op private inligting wat deur translate.wiki gestoor of gehou word, wat nie in die openbaar beskikbaar is nie.

Interaksies met translatewiki.net wat nie deur hierdie beleid gedek word nie, sluit in, maar nie beperk tot aspekte van blaai deur en wysigings aan bladsye wat gebruik word deur die wiki "e-posbebruikers-funksie". Hierdie interaksies kan 'n bydraer se IP-adres, en moontlik ander persoonlike inligting, onoordeelkundig aan die algemene publiek of aan spesifieke groepe vrywillgers openbaar wat onafhanlik van translate. Wiki optree.

Gebruikers kan ook met mekaar kommunikeer sonder die gebruik van translate.wik, via e-pos, IRC of ander klets- of onafhanklike webwerwe, en moet die betrokke risio's en hul persoonlike behoefte aan hulle privaatheid evalueer voordat hulle hierdie metodes van kommunikasie gebruik word.

Gebruiersrekeninge en outeurskap

Translatewiki.net vereis dat redakteurs by sy webwerf registreer, alhoewel sommige bladsye geredigeer kan word sonder om met 'n gebruikersnaam aan te meld, in welke geval hulle deur hulle IP-adres geidentifiseer sal word. Gebruikers wat wel registreer sal deur hulle gekose bebruikersnaam geidentifiseer word. Gebruikers kies 'n wagwoord wat vertroulik is en wat gebruik word om die integriteit van hulle rekening te identifiseer.

Behalwe in soverre dit deur die wet vereis word, mag geen persoon of gebruikerswagwoorde en/of koekies wat geregistreer is om 'n gebruiker te identifiseer, geopenbaar word of bewustelik bloot gele word nie. Sodra dit geskep is, sal gebruikersrekeninge nie verwyder word nie, behalwe as daar duidelike kwaadwillige bedoelings gevind word, soos translate.wiki beordeel word. Dit kan moontlik gebeur dat 'n gebruiersnaam verander kan word. translatewiki.net waarborg nie dat 'n bebruikersnaam op versoek verander sal word nie.

Doel van die versameling private inligting

translatewiki.net beperk die versameling persoonlike identifiseerbare gebruikersdata vir doeleindes wat die welstand van sy projekte dien, wat insluit, maar nie beperk is tot die volgende nie:

  • Om die openbare aanspreeklikheid van die projek te verhoog, erken translatewiki.net erken dat enige stelsel wat openbaar genoeg is om die grootste moontlike deelname van die algemene publiek te verseker, ook kwesbaar sal wees vir sekere misbruike en wat teenproduktief kan wees. tranlatewiki.net het 'n aantal meganismes geskep om kwaadwillig aktiwiteite te voorkom of reg te stel. As voorbeeld, wanneer misbruik van die projek ondersoek word, wat insluit die vermoedelike gebruik van kwaadwillige 'sockpuppets" (duplikaatrekkeninge), vandalisme, teistering van ander gebruikers of ontwrigtende gedrag, kan die IP-adresse van gebruikers (afgelei van die sodanige logs of vanaf rekords in die databsis) gebruik word om die bron(ne) van die kwaadwillige gedrag te identifiseer. Hierdie inligting kan dan gedeel word deur gebruikers met administratiewe magtiging wat belas is met die beskerming van projekte.
  • Om webwerfstatistieke te voorsien neem translatewiki.net monsters van rou logdata van gebruikers se besoeke. Hierdie logs word gebruik om webwerfstatistiekbladsye te produseer, die rou logdata word nie openbaar gemaak nie.
  • Om tegniese probleme op te los, kan logdata deur ontwikkelaars ondersoek word terwyl tegniese probleme opgelos word en webspinnekoppe wat hulle sleg gedra en wat die werf oorweldig, na te speur.

translatewiki.net kan hulpbronne soos Javascript van eksterne bedieners aflaai, wat gebruikers se privaatheid kan aantas (soos Google se Adwords of Vertaalwenke). Die gebruikers is verantwoordelik om blootlegging van ongewendste besondrhede wat die gevolg kan wees van die laai van hulpbronne vanaf eksterne bedieners, te verminder ,

Besonderhede van databewaring

Alegemene verwagtings

IP-adresse en ander tegnieseinligting

As 'n besoeker 'n bladsy versoek of lees, word nie meer inligting versamel as wat tipies ingesamel as wat tipies ingesamel word nie. translatewiki.net mag rou logs van sodanige transaksies hou, maar dit sal nie gepubliseer word nie.
Wanneer die bladsy deur aangemelde redakteurs geredigeer word, stoor die bedienaar die verwante IP-adresinligting vir 'n beperkte tydperk vertroulik. Hierdie inligting word na 'n vasgestelde tydperk geskrap. Vir redakteurs wat nie aanmeld nie, word die IP-adres wat gebruik word in die openbaar en permanent gekrediteer as die outeur van die wysging. Dit is moontlik vir 'n derde party om die outeur te identifiseer vanaf hierdie IP-adres tesame met ander inligting wat beskikbaar is. Om aan te meld met 'n geregitreerde gebrukikersnaam maak voorsiening vir veiliger bewaring van privaatheid.

Koekies

Die webwerf stel 'n tydelike sessiekoeke wanneer 'n bladsy besoek word. Lesers wat nie beoog om aan te meld of wysigings aan te bring nie, kan hierdie koekie weier, dit sal aan die einde van die blaaier se sessie geskrap word. Meer koekies kan ingestel word wanneer 'n besoeker aanmeld om hulle aangemelde status te behou. Wanneer 'n besoeker 'n gebruikersnaam of wagwoord in die blaaier stoor, sal daardie inligting vir tot en met 30 dae gestoor word, en hierdie inligting sal weer na die bedienaar gestuur word met elke besoek aan hierdie projek. Bydraers wat 'n openbare masjien gebruik wat nie hulle gebruikersnaam aan toekomstige gebruikers van die masjien wil wys nie, moet hierdie koekies na gebruik skrap.

Geskiedenis van die bladsy

Wysigings of ander bydraes tot die projek of vertalings, gebruikersbladsye, besprekingsbladsye en andere word oor die algemeen vir ewig behou. Deur teks te skrap, word dit nie permanent geskrap nie. Normaalweg kan enigiemand na 'n vorige weergawe van 'n bladsy kyk en sien wat daar was. Selfs al word 'n artikel geskrap, kan 'n gebruiker aan wie 'n hoer vlak van toegang gegee is, steeds sien wat van openbare aansig verwyder is. Inligting kan permanent geskrap word deur individue met toegang tot translatewiki.net, maar afgesien van die rare omstandighede waar translatewiki.net gedwing word om die redigerings-geskiedenismateriaal permanent te skrap agv 'n hofbeval of ekwivalente regsproses, is daar geen waarborg dat enige permanende skrapping sal plaasvind nie.

Gebruikersbydraes

Gebruikersbydraes word saamgevoeg en in die openbaar beskikbaar gestel. Gebruikersbydraes word saamgevoeg volgens hulle aanmeldstatus. Data wat gaan oor gebruikersbydraes, soos die tye waarop gebruikers geredigeer het en die aantal wysigings wat hulle aangebring het, is in die openbaar beskikbaar via gebruikersbydraelyste en in saamgestelde vorms wat deur ander gebruikers gepubliseer is.
Leesprojekte
Geen verdere inligting oor gebuikers en ander besoekers wat bladsye lees word ingesamel as wat gebruiklik deur webwerwe ingesamel word nie. Afgesien van die bogenoemde rou logdata wat vir algemene doeleindes ingesamel is, stel bladsybesoeke nie 'n besoeker se identiteit in die openbaar bloot nie. Voorbeeld rou logdata kan die IP-adres van enige gebruiker insluit, maar dit word nie in die openbaar vrygestel nie.
Redigering van projekte
Wysiginga aan bladsye word geidentifiseer met die gebruikersnaam of netwerk IP-adres van die redigeerder, en wysigingsgeskiedenis word saamgevoeg volgens die outeur in 'n bydraerslys. Sodanige inligting is permanent beskikbaar.
Aangemelde gebruikers
Aangemelde gebruikers stel nie hul IP-adres aan die publiek bloot nie, behalwe in gevalle van misbruik, insluitende vandalisme van 'n wiki-bladsy deur die gebruiker of deur 'n ander gebruiker met dieselfde IP-adres. 'n Gebruiker se IP-adres word vir 'n tydperk op die translatewiki.net-bedienaars gestoor en kan gesien word deur bedienersadministraturs en deur gebruikers aan wie CheckUser-toegang toegestaan is.
Die IP-adresinligting en die verbinding tot enige gebruikersname wat dit deel, kan onder sekere omstandighede vrygestel word, sien hieronder
Redigeerders wat 'n maatskappy se posbediener van die huis af of telependel oor 'n DSL- of kabelinternetverbinding, gebruik, sal heel moontlik maklik aan hulle IP=adres geidentifiseer kan word, in welke geval dit maklik sal wees om alle bydraes tot die projek wat deur daardie IP-adres gemaak is, te kruisindetifiseer. Die gebruik van 'n gebruikersnaam is 'n beter wyse om privaatheid in hierdie omstandighede te bewaar.
Gebruikers wat nie ingeteken het nie en ongeregisteerde gebruikers
Redigeerders wat nie aangemeld het nie, kan geidentifiseer word deur netwerk IP-adresse. Afhangende van 'n persoon se verbinding, kan hierdie IP-adres na 'n groot internetverskaffer of meer spesifiek na 'n skool, sakeperseel of huis nagespeur word. Dit is ook moontlik om hierdie inligting saam met ander inligting, insluitende redigeringstyl en voorkeure, te gebruik om 'n outeur voldoende te identifiseer.
Besprekings
Op die wiki se besprekingsblaaie:
Enige bewerkbare bladsy kan teoreties die plek van 'n bespreking wees. Oor die algemeen vind besprekings op translatewiki.net net plaas op gebruikersbesprekingsbladsye (wat met spesifieke gebruikers verbind word), op projekbesprekings bladsye wat ondersteun word (wat verbind word met spesifieke projekte) of op bladsye wat spesiaal aangewys is om as forums te funksioneer (byv. die Ondersteuningsbladsy.) 'n Gebruiker verwag om privaatheid te geniet en dit is van toepassing op besprekingsbladsye net soos elders.
Via epos
Daar word nie van gebruikers vereis om 'n epos adres te gee wanneer hulle registreer nie, Gebruikers wat 'n geldige eposadres verskaf, stel ander gebruikers in staat om eposse aan hulle te stuur deur die wiki. Wanneer 'n epos van ander gebruikers deur hierdie stelsel ontvang word, word 'n persoon se eposadres nie aan hulle bekend gemaak nie. Wanneer 'n gebruiker 'n epos aan 'n ander gebruiker stuur, word 'n persoon se eposadres egter wel aan die sender vertoon.
Die eposadres wat 'n persoon se gebruikersvoorkeure vertoon, kan deur translatewiki.net net vir kommunikasiedoeleindes gebruik word. Gebruikers wie se rekening nie 'n geldige eposadres aandui nie, sal nie hul wagwoord kan terugstel as dit vergeet word nie. In sodanige omstandigheid kan gebruikers egter een van die translatewiki.net se bedienersadminstrateurs kontak om 'n nuwe epos in te voer. 'n Gebruiker kan enige tyd die rekening se eposadres van sy voorkeure verwyder om te verhoed dat dit gebruik word. Privaat korrespondensie tussen gebruikers kan na daardie gebruikers se goeddunke gestoor word en is nie onderhewig aan translatewiki.net se beleid nie.
Op IRC
IRC-kanale is nie amptelik deel van translatewiki.net nie en word nie dedryf op translatewiki.net nie. Die IP-adres van gebruikers wat oor so 'n diens gesels, kan aan ander deelnemers blootgestel word. IRC gebruikers se privaatheid op elke kanaal kan slegs beskerm word volgens die beleide van die onderskeie diens en kanaal. Verskillende kanale het verskillende beleide oor die feit of logs geplubiseer mag word.

Toegang tot en vrystelling van persoonlik identifiseerbare inligting

Toegang:

Die projek word hoofsaaklik deur vrywillige bydraers bestuur. Sommige toegewyde gebruikers kry bevoorregte toegang. Byvoorbeeld, gebruikerstoegamgsvlakke na translatewiki.net word bepaal deur die gebruiker se teenwoordigheid in verskeie "ondersteunde projekte". Gebruikersgroepregte en groeplede kry Special.ListGroupRights.

Ander gebruikers wat toegang tot privaat identifiseerbare inligting mag he, sluit in, maar is nie beperk nie tot, gebruikers wat toegang het tot die CheckUser-funksie, translatewiki.net werknemers, aangesteldes en kontrakteurs en agente in diens van translatewiki.net operateurs, en ontwikkelaars en andere met hoe vlakke van bedienaarstoegang.

Die deel van inligting met ander bevoorregte gebruikers word nie gesien as verspreiding nie,

Vrystellingsbeleid: die Vrystelling van Data

Dit is die beleid van translatewiki.net dat persoonlike indentifiseerbare data wat in die bedienerslogboeke versamel is, of deur rekords in die databasis via die ChecUser funksie, of deur ander nie-openbare metodes, vrygestel kan word deur translatewiki.net vrywilligers of personeel, in enige van die volgende situasies:

  1. Volgende op 'n geldige dagvaarding of ander geldige versoek van wettoepassers
  2. Met toestemming van die betrokke persoon
  3. Wanneer dit nodig vir die ondersoek van klagtes oor misbruik
  4. Waar die inligting betrekking het op bladaansigte wat deur 'n spinnekop of bot geskep is en die verspreiding daarvan nodig is om tegniese probleme te illustreer of op te los
  5. Waar 'n gebruiker blaaie vandaliseer of aanhou om op 'n ontwrigtende wyse op te tree, mag die data aan 'n diensverskaffer of ander derdeparty vygestel word om behulpsaam te wees met die teiken van IP-blokke, of om te help met die formulering van klagtes deur relevante internetverskaffers.
  6. Waar dit redelikerwys nodig is om die regte, eiendom of veiligheid van translate.wiki.net, sy gebruikers of die publiek, te beskerm

Behalwe soos hierbo beskryf, laat translatewiki.net nie die verspreiding van perssonlike identifiseerbare inligting, onder enige omstandighede toe nie.

Derdepartytoegang en die inkennisstelling van geregistreerde bebruikers wanneer regsprosesse ontvang word

As 'n algemene beginsel moet die toegang tot, en behoud van, persoonlike indentifiseerbare data in alle projekte so min as moontlik wees en moet net intern gebruik word om die welstand van die projek te dien. Soms kan translate.wiki.net, egter 'n supoena of ander verpligte versoek van 'n wetstoepassingsagentskap of 'n hof of gelykwaardige regeringsliggaam ontvang wat die openbaarmaking van inligting oor 'n geregistreerde bebruiker van translatewiki.net versoek, wat deur die wet verplg word om te openbaar. In die geval van sodanige wetlik verpligte versoek, sal translatewiki.net poog om die geaffekteerde gebruiker binne drie werksdae na die ontvangs van sodanige versoek, in kennis te stel deur 'n kennisgewing per epos na die eposadres (indien enige) te stuur wat die bebruiker gelys het in sy of haar gebruikersvoorkeure.

translatewiki.net kan nie 'n gebruiker adviseer wat sodanige kennisgewing ontvang, aangaande die wet of wat 'n behoorlike reaksie daarop is nie. translatewiki.net neem egter kennis dat sodanige gebruikers die wettlike reg het om daardie inligting om in die hof te beveg of te beperk deur die indiening van 'n mosie om die subpoena tot niet te maak. Gebruikers wat 'n subpoena wil opponeer, behoort regsadvies in te win oor hulle regte en die prosedures wat hulle kan gebruik.

Indien translatewiki.net 'n mosie, wat by die hof ingedien is, ontvang om die suboena tot niet te maak of andersins te beperk as gevolg van die handeling van 'n gebruiker of hulle prokureur, sal translatewiki.net nie die aangevraagde inligting vrystel nie totdat hulle 'n hofbevel ontvang om dit vry te stel.

Geregistreerde gebruikers hoef nie hulle eposadres te verskaf nie. In sodanige geval sal translatewiki.net egter nie in staat wees om die betrokke gebruiker in 'n private eposboodskap in kennis te stel wanneer hulle 'n versoek van 'n wetstoepasser ontvang om persoonlike identifiseerbare inligting aangaande die bebruiker te verskaf nie.

Vrywarring

translatewiki.net glo dat die handhawing en bewaring van die privaatheid van gebruikers 'n belangrike waarde is. Hierdie Privaatheidsbeleid en handelinge deur translatewiki.net is 'n toegewyde poging om die sekuriteit van die beperkte gebruikersingting wat versamel en geberg word deur ons bedieners, te bewaar. translatewiki.net kan nogtans nie waarborg dat gebruikersinligting privaat sal bly nie. Ons erken dat ten spyte van ons toegewyde pogings om privaat gebruikersinligting te beskerm, dat 'n vasberade individu nogtans data-onginnings en ander metodes kan ontwikkel om om sodanige inligting te verkry en dit bekend te maak. Om hierdie rede kan translatewiki.net geen waarborg verskaf teen ongemagtigde toegang tot inligting wat verskaf word tydens deelname aan translatewiki.net se projekte of verwante gemeenskappe nie.

In cases of conflicting information between a translated version of this page and the original version in the English language, the English version will take precedence over the translated version.