Inleiding

From translatewiki.net
This page is a translated version of the page Translating:Intro and the translation is 67% complete.
Outdated translations are marked like this.
Hoofblad
Inleiding
Om aan die gang te kom
Vertaling tutoriaal
Hoe om te begin
Sien ook
Lokaliseringsriglyne
Vertaal vanlyn
Gereelde vrae
Ondersteuning

Inleiding

Vertaling en lokalisering is oor die algemeen belangrik, want dit stel mense wat nie Engels magtig is nie in staat om rekenaarsagteware te kan gebruik. MediaWiki word byvoorbeeld gebruik om Wikipedia in verskeie tale beskikbaar te stel, en deur dit te vertaal, help u om mense toegang tot vrye kennis in hul eie taal te bied. Meer inligting oor die terminologie is in die Gettext- (Engelstalig) en Wikipedia-dokumentasie (Engelstalig) beskikbaar.

Hier by translatewiki.net bou en verbeter ons voortdurend die infrastruktuur vir maklike lokalisering van oopbron projekte en vrye dokumentasie. Ons strewe na die verwesenliking van ons twee doelwitte.

Ons eerste doel is doeltreffendheid. Om die effektiwiteit van die proses te verhoog, integreer ons met die sagteware se ontwikkelingsproses sodat ons vinnig op veranderinge kan reageer. Daarbenewens het ons gereedskap ontwikkel om die integrasie van vertalings te outomatiseer. Dit verlig die individuele vertalers se las sodat hulle op hoë kwaliteit vertalings kan konsentreer.

Ons tweede doelwit is samewerking. Die hele stelsel is gebou op 'n wiki. MediaWiki is 'n gewilde wiki-enjin wat 'n raamwerk vir die bou van samewerkende gemeenskappe bied. Ons moedig vertalers aan om mekaar oor projek- en taalgrense op alle denkbare maniere te help, en as koppelvlak tussen die ontwikkelaars en vertalers te dien.

U hoef glad nie te weet hoe om te programmeer nie. As u vertroud is met wiki-sagteware, sal u vinnig leer hoe om translatewiki.net te gebruik. Die enigste voorvereiste is goeie beheersing van u taal, 'n webblaaier en 'n oop gemoed.

Die vlagskip-projek van translatewiki.net - MediaWiki - word tans in meer as 250 tale gebruik. Op translatewiki.net ontvang ons elke maand bywerkings vir meer as 100 tale.